KV57

KV57
Die grafkelder van Horemheb
Die grafkamer van Horemheb, wat die onvoltooide versiering van sy sarkofaag wys.
Die grafkamer van Horemheb, wat die onvoltooide versiering van sy sarkofaag wys.
Ligging Vallei van die Konings
Land Vlag van Egipte Egipte
Ontdek 22 February 1908
Uitgrawings deur Edward R. Ayrton (1908)
Geoffrey Thorndike Martin (2006-'07
Versiering Horemheb bring offerandes aan die gode; Boek van Poorte
← Vorige
KV56
Volgende →
KV58

KV57 in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte, was die grafkelder van Horemheb, die laaste farao van die 18de Dinastie.

Die grafkelder is in Februarie 1908 deur Edward Ayrton ontdek toe hy uitgrawings vir die Amerikaanse miljoenêr-sakeman Theodore M. Davis gedoen het. Weens sy ligging in die valleibodem was dit vol puin wat vloedwater daarin afgespoel het. Die grafkelder lyk anders as voriges uit die 18de Dinastie: Dit het 'n reguit as met 'n knik en bevat geverfde reliëfs eerder as muurskilderings; die Boek van Poorte verskyn ook vir die eerste keer. Die koning se rooi sementsarkofaag is gevind met die deksel afgebreek, maar andersins ongeskonde. Daar is oorblyfsels van verskeie mummies, maar nie een is onweerlegbaar van Horemheb nie.

Die plan van KV57.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search